Aftree huis te koop by Die Oog Aftree Landgoed Naboomspruit
updated on Apr 21, 2023
R 1 800 000

WEB REF: 116954

Property Summary
  • Selling Price R 1 800 000
  • Property Type House
  • Erf Size 128 m2
  • Floor Size 128 m2
  • Rates & Taxes R 1342
  • Monthly Levy R 3202


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
  • Garages 1
  • Parking Bays 1
Description

Die Oog Aftree Landgoed is die ideale aftreebestemming met 'n baie goeie infrastruktuur, versorgings eenheid en goeie sekuriteit. Hierdie pragtige huis is absoluut net reg vir intrek en bly. Hierdie vriendelike woonhuis bied drie slaapkamers, oopplan sitkamer, eetkamer, kombuis 'n lieflike toe kuier stoep/lapa en 'n lower groen tuin wat baie privaatheid skep. Een toesluit motohuis en een afdak. Hierdie huis het genoeg pakplek, hier is baie en mooi ingeboude kaste. Die vloer bedekking is teƫls regdeur die huis. Al die afwerkings is van die beste gehalte. Die heffing sluit in water 2 x per week vir die tuin, skoonmaak dienste vir die huis 2 x per week, buite geboue versekening en instandhouding. Hier is voorafbetaalde kragmeters. Die inwoners het die genot van die gebruik van al die fasiliteite wat die oord aanbied en hier is 'n privaat wildskamp met pragtige wild om te besigtig. Kom beleef die vakansie leefstyl en geniet die Bosveld lewe. Om by Die oog te koop moet inwonders 50 jaar en ouer wees. Jonger kopers kan nou koop en hul eiendom verhuur tot en met aftrede. Kontak my enige tyd vir 'n afspraak en vir verdere inligting, kom kyk gerus!

Additional Features
  • Auto Garage Doors
  • Breakfast Nook
  • Built in Cupboards
  • Burglar Bars
  • Carport
  • Common Pool
  • Lapa
  • Security Doors
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)