Twee slaapkamer huis te koop in Naboomspruit
updated on Apr 21, 2023
R 990 000

WEB REF: 574455

Property Summary
  • Selling Price R 990 000
  • Property Type House
  • Erf Size 526 m2
  • Rates & Taxes R 831


  • Beds 2
  • Baths 2
  • En-Suite 2
  • Garages 2
Description

Perfek vir aftrede, beginners en enkel persone. Geleë op ‘n hoel erf , wat baie toegangklik is, in ‘n baie gewilde kompleks in Naboomspruit. Die kompleks het sekuriteits toegangs hekke 24/7. Hierdie huis is ‘n voltitel eiendom die kompleks is ook diere vriendelik. Hierdie pragtige huis word uitstekend onderhou en met sorg instand gehou, alles is perfek net reg vir intrek. Die tuin is waterwys en kan met min moeite en min water onderhou word. Die perfekte huis bied ‘n lieflike winters sonstoep, twee slaapkamers met en-suite badkamers, oopplan sitkamer en eetkamer. Ruim kombuis met baie mooi kaste, gasstoof met elektriese oond. Die Lugreëling bedien die kombuis, eetkamer en sitkamer, die huis is heerlik koel in die somer. Die vloere is hout gelamineer, lyk deftig en skep ‘n lekker warm en deftige atmosfeer in die huis. Die agterste stoep is pragtig ingerig vir ‘n onthaal area met ‘n braai, alles is netjies afgewerk met teëls, hier kan mens braai en kuier al kom die wind en weer ! Hier is twee motorhuise, en twee afdakke vir ekstra voertuie of ‘n karavaan. Een motorhuis is omskep in ‘n werkskamer/kantoor. Die hout wendy huis is perfek vir al die tuin gereedskap en die ander 2 metaal stoorkamertjies is net reg vir al die ander losstaande items. Die 2 x 2,200lt watrertanks en drukpomp verseker dat hier altyd water is. Met die Sonpaneel geyser word baie krag gespaar, hier is ook ‘n kragomskakeling vir ‘n kragopwekker en ‘n voorafbetaalde kragmeter. Hier kan mens werklik net intrek en begin leef!! Kontak my vandag nog vir ‘n afspraak.

Additional Features
  • Air Conditioning
  • Auto Garage Doors
  • Breakfast Nook
  • BuiltInBraai
  • Carport
  • Garden
  • Lapa
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Security Doors
  • Solar Heating
  • Sprinkler
  • Wendy House
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)