Lieflike aftree geleentheid by die Oog Aftree Landgoed Naboomspruit
updated on Apr 21, 2023
R 2 200 000

WEB REF: 112842

Property Summary
  • Selling Price R 2 200 000
  • Property Type House
  • Floor Size 160 m2
  • Rates & Taxes R 654
  • Monthly Levy R 2950


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
Description

Kom vestig jouself hier in die hartjie van die Bosveld, in die immergewilde sekuriteits aftree landgoed "DIE OOG" +/- 15km vanaf Naboomspruit en +/- 185km vanaf Pretoria. Die ligging van hierdie huis is so perfek in die oord, bietjie hoog op gebou en gee 'n pragtige uitsig oor die oord. Netjiese teeldak huis wat baie mooi afgewerk is. Die huis bestaan uit drie slaapkamers, en-suite badkmer en aantrek kamer aan die hoofslaapkamer. Gaste badkamer en twee gaste kamers. Twee van die kamers se skuif deure loop uit op die grasperk en privaat tuin na die die braaistoep se area. Die sitkamer, eetkamer en kombuis is 'n lieflike ruim oopplan, gasstoof in die kombuis, graniet blaaie, moderne kaste, apparte opwas en waskamer. Die kuier stoep is pragtig ingerig met 'n ingeboude braai, "wat 'n lieflike kuier area". Die kamers se vloer bedekking is viniel, baie netjies, mooi en sag op die voete. Verder is die hele huis uitgelê met sindelike eerste graadse teels. Die dekor is aantreklik en tydloos. Die heffing sluit skoonmaak dienste 1 x per week in, die gras word 1 x per week gesny en die eienaar kan water gebruik vir die tuin. Eienaars het die voordeel van al die falsilietie op die oord. Hier word ook baie aktiwiteite vir die inwoners aangebied.

Additional Features
  • Built in Cupboards
  • BuiltInBraai
  • Carport
  • Common Pool
  • Garden
  • Laundry
  • Scullery
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)