Moderne 3 x slaapkamer huis te koop in Naboomspruit/Mookgopong
updated on Dec 30, 2024
R 1 790 000

WEB REF: 712225

Property Summary
  • Selling Price R 1 790 000
  • Property Type House
  • Erf Size 612 m2
  • Rates & Taxes R743.62


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
  • Garages 3
  • Parking Bays 4
Description

Uitstekende huis te koop in Naboompsruit. Die huis is pragtig geleë in 'n kompleks, mooi straat front en aantreklike vooraansig. Modern en stylvol. Die algehele eiendom is in 'n uitmuntende kondisie, word baie goed onderhou en instandgehou, werklik 'n intrek en bly huis. Pragtige ingang gangs portaaltjie en sonkamer. Sitkamer/TV kamer met 'n groot ingeboude TV kas, Oopplan eetkamer en kombuis met gastoof, gasplate en elektriese oond. Ruim hoofslaapkamer met uitsonderlike mooi en-suite badkamer. Twee gaste kamers en een gaste badkamer. Vloerbedekking:- volvloer teëls regdeur die huis. Vir enige huisvrou is die apparte waskamer, strykkamer en 'n naaldwerk kamer 'n groot bpnus. Die lapa is absoluut 'n lieflike onthaal en kuier area en vir die dames is hier 'n mooi teeparty lapa. Drie motorhuise met afstandbeheerde deure, die motorhuis is ruim, plek vir baie rakke en pak plek Met die sterk boorgat is hier nooit 'n water krisis nie. Die tuin is met sorg uitgelê en maklik om instand te hou. Hier is 'n ook 2,200lt watertank en druk pomp. Die kompleks is diere vriendelik: Geen maadelikse heffings. Toegangshek 24/7 met wagte en 'n maadelikse fooi om te betaal. Hierdie is 'n voltitel eiendom. Kontak my enige ryd vir 'n afspraak,. Kom kyk gerus!

Additional Features
  • Air Conditioning
  • Auto Garage Doors
  • Borehole
  • Braai Area
  • Built in Bar
  • BuiltInBraai
  • Burglar Bars
  • Garden
  • Lapa
  • Laundry
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Security Doors
  • Sprinkler
  • TVRoom
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)