Drie slaapkamer huis te koop in Naboomspruit
updated on Nov 12, 2025
R 1 170 000

WEB REF: 715731

Property Summary
  • Selling Price R 1 170 000
  • Property Type House
  • Erf Size 508 m2
  • Floor Size 148 m2
  • Rates & Taxes R758.20
  • Monthly Levy R250.00


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
  • Garages 2
Description

Hierdie uitsonderlike huis is geleë in ‘n baie gewilde kompleks in Naboomspruit met 24/7 toegangsbeheerde hekke. Die kompleks is diere vriendelik, die eiendom is ‘n Voltitel eiendom, die kompleks het geen maandelikse heffings behalwe die hekfooi. Die huis word uitstekend versorg en onderhou dit is elke koper se droom. Hier is ‘n pragtige ruim sitkamer en eetkamer. Die kombuis se kaste is solide hout en netjies afgewerk. Drie ruim slaapkamers met ingeboude kaste en dakwaaiers. Twee badkamers. Die hoofslaapkamer is toegerus met ‘n en-suite badkamer vir gerief. Vloerbedekking: matte en teëls in die badkamers. Lekker sonstoepie voor en ‘n groot afdak en kuier stoep agter. Die grasdak lapa is ‘n heerlik kuier plek in die somers maande. Dubbel motorhuis met afstandbeheer deure en ‘n groot afdak vir twee ekstra voertuie. Die tuin het mikro besproeiing in en reeds omhein vir troeteldiere. Hier is reeds ‘n water tank en druk pomp. Kontak my vandag nog vir ‘n afspraak, kom kyk gerus.

Additional Features
  • Auto Garage Doors
  • Breakfast Nook
  • Burglar Bars
  • Carport
  • Garden
  • Lapa
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Security Doors
  • Sprinkler
  • TVRoom
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)