Drie slaapkamer huis te koop by Die Oog Aftree landgoed Naboomspruit
updated on Nov 14, 2025
R 990 000

WEB REF: 753733

Property Summary
  • Selling Price R 990 000
  • Property Type House
  • Erf Size 100 m2
  • Floor Size 83 m2
  • Rates & Taxes R550.00
  • Monthly Levy R4203.00


  • Beds 2
  • Baths 2
  • En-Suite 2
Description

Lieflike bekostigbare aftree eenheid te koop by Die Oog Aftreelandgoed Naboomspruit. Moet hierdie geleentheid nie laat verby gaan nie, dit is 'n intrek en bly huis!! Reg geprys vir 'n wonderlike aftrede! Hierdie huis is binne loopafstand van die kantoor, eetsaal, swembad, Restaurant, washuisen Sorg sentrum. Hierdie huis is uiters netjies en reg vir intrek en bly. Hier is twee slaapkamers met en-suite badkamers. Een kleiner slaapkamer wat vir 'n werkskamer ingerig kan word, die pragtige slaapbank en hout kas bly net so. Die hoofslaapkamer het 'n skuifdeur wat uitvloei na die privaat tuintjie. Gerieflike kombuis met genoegsame kaste, netjies, goed afgewerk met granietblaaie en twee plaat elektriee stofie. By die agterdeur is 'n duursame wendyhuis met punte vir 'n skattelgoed wasser en wasmasjien. Die leef area is lekker ruim met 'n skuifdeur wat uitvloei na die privaat tuin en 'n deur na die Lapa. Die lapa is baie goed ingerig met ingeboude kaste, ingeboude braaier en oprol seile aan twee kante, hier is nou die lekkerste kuier plek! Hier is 'n voorafbetaalde krag meteren 'n Led light stelsel met liggies in elke vertrek. Die Oog Aftree Landgoed bied 'n unieke aktiewe leefstyl vir inwoners. Hier is een afdak vir 'n voertuig. Hier kan mens aftree met gemoedsrus. Die fasiliteite op die perseel by DIe Oog bied bekostigbare etes daagliks, 'n Mediese sorg sentrum vir noodgevalle. Alles is net hier en reg vir 'n gerieflike en gemaklike leefstyl. Kontak my vandag nog vir 'n afspraak, kom kyk gerus en beleef self die wonderlike vakansie gevoel hier by DIE OOG!

Additional Features
  • Braai Area
  • Breakfast Nook
  • BuiltInBraai
  • Carport
  • Garden
  • Lapa
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Pool
  • Security Doors
  • Study
  • Wendy House
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)