Uitstekende Drie slaapkamer huis te koop in Naboomspruit.
updated on Feb 06, 2026
R 1 480 000

WEB REF: 756611

Property Summary
  • Selling Price R 1 480 000
  • Property Type House
  • Erf Size 639 m2
  • Floor Size 168 m2
  • Rates & Taxes R1350.00


  • Beds 3
  • Baths 2
  • En-Suite 1
  • Garages 2
  • Flatlets 1
Description

Uitstekende en perfekte gesins huis te koop in Naboomspruit. EKSKLUSIEWE ALLEEN MANDAAT Perfek geleë in 'n veilige kompleks met toegangsbeheerde hekke 24/7. Hierdie is 'n voltitel eiendom. Hier is geen maandelikse heffings. slegs 'n minimale hekfooi per maand.Die kompleks is diere vriendelik. Hierdie huis is met sorg en liefde onderhou, alles is reg vir intrek en bly! Die lower groen gevestigde tuin nooi mens hartlik in om na die huis te kom kyk Vloerbedekking:- Teels regdeur die huis! Die voorstoep het 'n skuifdeur en skuifraam vensters, die pragtige blinders bly net so. Ruim oopplan sitkamer/TV kamer en eetkamer, mooi ligte en dakwaaiers. Hier is ook 'n lugreëling geinstalleer. Gerieflike en prakteise kombuis uitleg met 'n apparte opwas gedeelte vir die skottelgoed wasser en wasmasjien. Die hoofslaapkamer het pragtige spieël panele op die kasdeure, en-suite badkamer met 'n bad, toilet en wasbak die kamer is ook toegerus met 'n lugreëling. Een gaste kamer is langs die hoofslaapkamer met ingeboude kaste, ook met spieëls voor die kasdeure wat baie mooi vertoon, hier is 'n dakwaaier. Gaste badkamer met stort, toilet, wasbak en linnekas - praktiese uitleg. Die derde kamer vloei uit vanaf die opwas kamer en het 'n buite deur wat uitvloei na die agterste stoep. Hier is 'n hande wasbak en mooi spieël.HIerdie is 'n ideale kamer vir 'n tiener of selfs vir 'n privaat kantoor vir iemand wat van die huis af werk. Die agterste stoep bied die lekkerste kuier area, onderdak met 'n groot staal struktuur afdak, ingeboude braai, jacuzzi met 'n houtpaneel deksel, kundig geinstalleer en wat 'n heerlike ontspannings area vir die warm somers dae en aande. Hier is twee watertanks met 4,700 liter opgaar kapasiteit vir water en 'n drukpomp, twee reën water tenks vir tuin besproeiing. Kom maak jou eie kruie en groente tuintjie net hier!!! Dubbel motor huis met afstandbeheerde deure.Dubbel motor afdak. Groot afdak langs die huis vir 'n "Motorhome", karavaan, 4 x4 bakkie. Netjiese plaveisel in die oprit. Hier is reeds 'n voorafbetaalde watermeter en voorafbetaalde krag meter. Kontak my vandag nog vir 'n afspraak, kom kyk gerus. Hier kan mens intrek bly en begin leef!

Additional Features
  • Air Conditioning
  • Auto Garage Doors
  • Braai Area
  • BuiltInBraai
  • Burglar Bars
  • Fibre Internet
  • Garden
  • Jacuzzi
  • Lapa
  • Laundry
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Scullery
  • Security Doors
  • TVRoom
  • Wendy House
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)