5 Slaapkamer Famile huis te koop in Naboomspruit/Mookgopong
updated on Dec 01, 2025
R 1 890 000

WEB REF: 761597

Property Summary
  • Selling Price R 1 890 000
  • Property Type House
  • Erf Size 732 m2
  • Floor Size 190 m2
  • Rates & Taxes R975.55


  • Beds 5
  • Baths 3
  • En-Suite 2
  • Parking Bays 2
Description

Uitstaande Familie huis te koop in Gholfpark Naboomspruit. Voltitel eiendom in ‘n veilige kompleks. Hier is geen maandelikse heffings betaalbaar nie, slegs ‘n munimale sekuriteits fooi vir die 24/7 toegangsbeheerde hekke met veiligheids personeel. Hierdie huis merk al die punte reg af vir 'n Koper. Alles en nog meer is net hier! Die Pragtig huis bestaan uit:- Vyf slaapkamers – ideale Familie huis!!! Die hoof slaapkamer is toegerus net ‘n en-suite badkamer, pragtige moderne inloop stort, netjiese kaste en ‘n lugversorger. Hier is twee pragtige gaste kamers en een gaste badkamer. Aan die ander kant van die huis is twee gaste kamers emt een badkamer - hierdie gedeelte is ideaal vir Oupa en Ouma wat by die kinders bly. Die twee kamers het hul eie toegang en kan ook verhuur word. Die voorstoepie is ideaal vir laatmiddag kuiers. Hier is ‘n apparte sitkamer, oopplan eetkamer en kombuis, die kombuis het ‘n apparte opwas en spens gedeelte, baie gerieflik vir enige huisvrou! Die kombuis is ook toegerus met ‘n gasstof en elektriese stoof, netjies kaste en plek vir ‘n dubbel yskas. Vanaf die eetkamer is die TV kamer met ‘n ingeboude kaggel , hier is ook ‘n deur wat uitvloei na die privaat tuin. Hierdie is nou werklik ‘n gesellige kuier vertrek en leef area. Die binne hof by die agterdeur is toegerus ‘n netjiese skadunet afdak en netjiese plaveisel, wat ‘n lekker buite kuier en leef area! Netjies geboude dubbel afdak vir twee voertuie en oop spasie parkering vir twee voertuie, alles by die oprit is onder plaveisel – netjies! Hierdie eiendom bied absolute privaatheid met die netjiese mure reg rondom die erf. HIer is ook ‘n 2de toegangs hek en spasie op die erf vir ‘n karavaan, waentjie en ander wiele. Voordele:- Ses sonpanele met 8 Kva Battery. Sentrale verkoeling reg deur die huis. Twee watertanks 2,500 liter elk met ‘n druk pomp. Voorafbetaalde krag meter , water meter en Fiber aansluit punt. Kom beleef die Bosveld met sy wonderlike klimaat. Hier kan mens intrek bly en begin leef. Kontak my dadelik vir 'n afskraak, kom kyk gerus!

Additional Features
  • Air Conditioning
  • Braai Area
  • Breakfast Nook
  • Burglar Bars
  • Carport
  • Fibre Internet
  • Fireplace
  • Garden
  • Laundry
  • Pantry
  • Patio
  • Pets Allowed
  • Scullery
  • Security Doors
  • Solar Panels
  • TVRoom
  • Wendy House
Property Address

Mookgopong, Mookgopong, Limpopo

Contact Agent(s)

eMail Agent(s)